Hoekom gaan speel, leer en stimulasie hand aan hand?

Ons wil graag hΓͺ ons kinders moet suksesvol wees in alles wat hul aanpak, alles wat hul gaan leer en
alles wat hul gaan doen. Ons het sommer sulke lysies van wat alles aanvaarbaar is. Maar, ons
vergeet dat wanneer ons die lysies wil aftik, ons kinders eers β€˜n paar belangrike perseptuele
vaardighede moet bemeester.

En hoe bereik hul dit?

Deur SPEEL.

Maar wat beteken speel vir kinders?

  1. Vir kinders is speel baie belangrik en is dit hulle werk. Ja werk, want net so belangrik soos
    jou werk vir jou is en iets wat jy gedoen moet kry voor die einde van die dag, so belangrik is
    speel vir hulle.
  2. Jou kind se fisiese ontwikkeling wat gevorm word deur groot motoriese asook fynmotoriese
    vaardighede gebeur tydens speel.
  3. Kognitiewe vaardighede word gestimuleer, omrede jou kind die geleentheid kry om deel te
    neem aan fantasiespel, probleemoplossing, ontdekking en eksperimentering. Natuurlik
    word taalontwikkeling ongelooflik bevorder.
  4. Sosiale ontwikkeling is nog β€˜n baie belangrike vaardigheid wat deur speel bevorder word.
    Want, wanneer ons kinders met mekaar speel, kry hul die geleentheid om toepaslik en
    sosiaal aanvaarbare gedrag te toon. Ons kinders leer dan wat dit beteken om aan die reΓ«ls
    van die samelewing gehoorsaam te wees.

So, mamma wanneer jou kleintjie baie ernstig raak en intensief besig is met SPEEL, weet net dat so
vreeslik baie vaardighede word ontwikkel wat weer lei tot suksesvolle volwassenes.

Cart
Open chat
We're here to help ☺️
Powered by Happiness πŸ‘Ά
Hi there πŸ‘‹

If you have any questions about ANYTHING on the WIKKEL VINGERS page, simply ask here πŸ‘