HEUNING
 
Heuning word al vir eeue lank gebruik as bestanddeel in kos, drankies, salf en medisyne. Dit word gesien as ‘n “superkos”.

Wat is die verskil tussen Rou en Kommersiële heuning?

Rou of organiese heuning is nie verhit, geprosesseer of gepasteuriseer nie. Dit is die oorspronklike produk.  Dit bevat byestuifmeel. Dit mag ook bakterieë bevat. Rou heuning  kan troebel raak, gis en kristalliseer.

Kommersiële of gewone heuning word verhit en mag gepasteuriseer wees. Wanneer heuning verhit word lewer dit ‘n suiwerder heuning wat nie sal kristalliseer nie. Pasteurisasie vernietig bakterieë, maar nie die spore (“eiers”) van skadelike Clostridium Botulinum bakterieë nie. Die hitte behandeling voorkom ook die groei van ongewensde gis. Hitte vernietig ongelukkig ook baie van die goeie bestanddele (bv. antioksidante) in heuning.

Alle vorme van heuning mag spore van die Clostridium botulinum bakterieë bevat aangesien dit nie deur hitte vernietig word nie. Die pasteurisasie van heuning vernietig nie hierdie spore nie! Die spore kan baie skadelik en selfs dodelik wees vir ‘n baba onder die ouderdom van 1 jaar. Dit ontkiem maklik in die onvolwasse dermkanaal van die baba en die Clostridium Botulinum bakterieë stel dan gifstowwe vry. Hierdie ernstige vergiftiging word Baba-Botulisme genoem. Heuning moet nie vir kinders onder 1 jaar gegee word nie. Geen medisyne, aanvullings, drankies of kos wat heuning bevat mag ingeneem word nie. Lees dus altyd voedseletikette indien jy onseker is.

Kinders (ouer as 1 jaar) en volwassenes se dermkanale is al volwasse en produseer genoeg sure wat voorkom dat die Clostridium Botulinum spore kan ontkiem. Heuning kan vir kinders ouer as 1 jaar gegee word.

Kom ons kyk waaruit bestaan heuning:

Alle suiker is soet wanneer dit oplos op jou tong. Sommige suiker is egter soeter as ander.

Fruktose (vrugtesuiker) is die soetste, daarna sukrose (tafelsuiker) en dan glukose.

Heuning bestaan hoofsaaklik uit glukose (31%) en fruktose (38%). Dit is hierdie hoë fruktose inhoud wat heuning so soet maak.

Heuning bevat ook proteïen (0.5 – 2.3%), amper alle spoorelemente (soos yster, fosfor, magnesium, kalium en kalsium), organiese sure, ensieme en water (18 – 20%).

Die vitamien (bv. B1, B2, B3, B5, B6, K, C, E, A)  inhoud word bepaal deur die hoeveelheid stuifmeel in die heuning. Hoe meer stuifmeel, hoe meer vitamiene.

Ongeprosesseerde heuning sal die meeste nutrisionele voordele gee. Onthou net dat al hierdie gesonde bestanddele in heuning, slegs in klein hoeveelhede voorkom. Jy moet ‘n redelike hoeveelheid heuning inneem om nutrisionele waarde te kry.

Is heuning hoog in energie?

Een teelepel rou heuning gee 257 kJ (kilojoule) energie en 16.9 g koolhidrate.

Een teelepel gewone tafelsuiker gee 81 kJ energie en 5.0 g koolhidrate.

So ja, heuning bevat baie gekonsentreerde suiker en is hoog in energie! Heuning is gesonder as gewone tafelsuiker, maar indien jy gewig wil verloor, moet jy jou inname beperk. Suiker bly suiker.

Idees hoe om heuning vir ‘n kind (ouer as 1 jaar) te gee:

[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]

  • Meng heuning in hawermout pap in
  • Geroosterde broodjie, pannekoek of wafel met heuning (“sweet treat”)
  • Heuning in onversoete joghurt
  • In ‘n gesonde “smoothie”
  • Gesonde ontbyt stafies wat heuning bevat
Bronne:
  • Mahan, L. K., Escott-Stump, S. (2004). Krause’s Food, Nutrition, & Diet Therapy. 11th USA: Elsevier.
  • Steenkamp, G. & Delport, L. (2010). The South African Glycemic Index & Load Guide. The Glycemic Index Foundation of South Africa.
  • Louw, M. (©2019). Honey Quality and Products, Beekeeping in South Africa. Available at: http://southafrica.co.za/honey-quality-products.html (Accessed: March 9, 2020).
  • Louw, M. (©2019). What is Honey? Beekeeping in South Africa. Available at: http://southafrica.co.za/what-is-honey.html (Accessed: March 9, 2020).

Cart
Open chat
We're here to help ☺️
Powered by Happiness 👶
Hi there 👋

If you have any questions about ANYTHING on the Heuning page, simply ask here 👐