Hi,

Ek deel graag ons ondervinding met verstikking:

Ons seuntjie was 11 maande oud, en het op daai stadium al vreeslik begin met tande. Ek het in die begin tande beskuitjies gekoop, maar agter gekom hoe morsig dit kan wees! Ons was nie groot op die tande beskuitjies nie, maar ek het toe besluit om ‘n nuwe maak te koop en te probeer.

My grootste reel was altyd dat hy dit nie mag eet op sy eie nie, so altyd onder toesig. So elke nou en dan, sal ons vir hom een gee.

 

Die middag het ek vir hom ‘n koekie gegee en gesien hy suig vreeslik, maar gee onraad vermoed.

 

Ons was oppad vir badtyd en ek en my man was genadiglik altwee by, toe hy eweskielik ‘n snaakse geluid maak en ons kon sien die koekie het vasgesit in sy keel. Ek het hom onmiddelik omgedraai en herhaaldelik hard op sy ruggie geslaan, maar niks het uitgekom. Waarna ek hom vir my man gegee het, en gehardloop het vir ons Choking Device (wat altyd naby is).

Toe ek terug kom, was my man steeds besig om sy ruggie te slaan. Daar het spoeg en alles uitgekom, behalwe die koekie. Op daai stadium was hy al blou en sy liggaampie slap, en doodstil.

 

My man het toe, as ‘n laaste probleemslag, sy vinger in Stiaan se keel gedruk en met fors die koekie uitgehaal. Die koekie, wat geadverteer word, dat dit klinies ontwerp is om sag te raak, was steeds kliphard, en was die oorsaak dat ons seuntjie amper dood was.

Hy het so bietjie gehuil en ons het hom gemonitor, maar deur die genade is hy 100% en het geen blywende of permanente skade nie.

 

Dit was ‘n ongelooflike traumaties ervaring en iets wat ek vir niemand toewens. My raad is, maar om altyd versigtig te wees, veral as hulle net begin vaste kos eet. Moet hulle nooit alleen los met kos nie.

 

Groete,

Cart
Open chat
We're here to help ☺️
Powered by Happiness πŸ‘Ά
Hi there πŸ‘‹

If you have any questions about ANYTHING on the Ek deel graag ons ondervinding met verstikking: page, simply ask here πŸ‘