Dink buite jou beursie
Die behoefte om vir jou kind net die beste te gee, glo ek, word ingebore. As eerste keer mamma is ek natuurlik deel van al wat โn mamma groep is op sosiale media. Elke nou en dan duik daar โn oulike voorstel op oor โn nuwe opvoedkundige speelding wat allerhande voordele inhou vir jou baba en peuter se ontwikkeling. Ongelukkig bly die speelgoed net op my Takealot wenslysie en raak dit nooit deel van ons opvoedkundige speletjies nie. Dit is net nie binne ons begroting nie.
Hoe nou gemaak as jou hart sรช ja en jou beursie nee?
Ek moes begin om buite die boks (en my beursie) te dink om seker te maak dat my kind nogsteeds die voordele van opvoekundige speelgoed geniet, sonder dat dit my โn arm en โn been kos.
Die antwoord? Herwinbare spel!
Maak herwinbare spel deel van jou kind se ontwikkelings program. Gebruik basiese huishoudelike items en omskep dit in heerlike, opvoedkundige aktiwiteite.
Gebruik wat jy alreeds in die huis het. Eierhouers, melkhouers, oorstokkies, toiletrolletjies, leรซ bakkies, deksels, tou, foelie, karton bokse, wol, blikke en selfs rys kan gebruik word om jou kind se fyn motoriese; kognitiewe; sosiale en emosionele; spraak en taal en growwe motriese ontwikkeling te bevorder.
Die opsies en speletjies is eindeloos en dit gaan jou nie veel meer kos as โn bietjie geduld en kreatiwiteit nie.
Hier is โn lekker idee vir jou eerste herwinbare ontwikkelings aktiwiteit.
Fyn motoriese ontwikkeling en terkstuur voorstelling
Benodighede:
- โn Halwe koppie ongekookte rys
- 1 Eierhouer
- Verf
- โn Magies vol liefde bakkie/ enige klein bakkie
- ย Enige middelslag โtupperโ bakkie
Hoe om dit te maak:
- Verf die eierhouer met die kleure van jou keuse. Maak seker om elke kleur tenminste 3 keer te gebruik.
- Gooi die rys in jou โtupperโ bakkie.
Hoe die aktiwiteit werk:
- Laat jou kind die rys met behulp van jou Magies vol liefde bakkie, wat as โn skepper dien, vanaf die โTupperโ bakkie na die eierhouer oorplaas. Probeer om al die gatjies eweredig te vul.
- Vra jou kind om slegs die blou gatjies vol rys te maak.
- Laat jou kind slegs byvoorbeeld 5 korrels rys in elke gatjie gooi.
Diรฉ lekker aktiwiteit kan aangepas word nagelang van jou kind se ouderdom.
Daar wag beslis reeds โn wonderlike ontwikkelings aktiwiteit tussen jou allerdaagse huishoudelike items. Bรชre daai papboks en dink twee keer voor jy die gebreukte wasgoedpennetjie weggooi, dit mag dalk net vir ure se pret sorg.
-Lericia Janse van Rensburg-
* Gaan besoek gerus Lericia se blog @growing_on_a_budget op Instragram vir meer herwinbare ontwikkelings aktiwiteite en idees.ย